Wednesday 2 October 2013

My ervaring van die 'blog'

Toe ek hoor dat ons 'n blog moet skep wou ek skree! Ek het paniekerig geraak. Hoe? Wat? Wanneer? Is hierdie vrou van haar trollie af?"
Aan die begin van die hele proses was ek baie onseker van myself. "Almal gaan jou nonsens lees." het oor en oor in my kop gespeel.

My pa moes my van "google translate" vebied. Hy het 'n tweetalige woordeboek en die HAT aan my oorhandig. Toe ek dit sien wou ek tjank.

Hierdie ervaring was 'n belewenis, is dit n' Afrikaanse woord? Die skryfstukke het my laat dink, regtig dink oor wat ek in my lewe het. Danksy hierdie blog besef ek nou hoe 'n ongelooflike familie ek het. Ek is verskriklik dankbaar daarvoor.

Aan die einde van die dag het ek hierdie ervaring nogal geniet. Ja, die was beslis 'n uitdaging, maar met die help van my pa het ek deur gedruk.

1 comment:

  1. Belewenis is 'n baie goeie Afrikaanse woord ;-) Jou pa het die regte ding gedoen. Ek het dit werklik geniet om jou "blog" te lees en om jou (en jou familie) 'n bietjie te leer ken. Jou inskrywings het my telkens laat glimlag :-) Dankie vir jou moeite!

    ReplyDelete