Wednesday 25 September 2013

Hoe om 'n familietwis by te lê die Fanie manier

Soos met alle families tree daar ook soms geskille in onder ons, Gewoonlik is ons niggies die oortreeders.

Afhangende van die erns van die geskil, word hierdie twiste deur of Mamma, dis nou my ouma en die oudste oorlewende familielid, of deur een van haar afgevaardiges gehanteer. Hoe kleiner die geskil, hoe minder belangrik die bemiddelaar.

Eerstens word die geskil tussen die partye bespreek deur die ouer gaarde. Hulle sal dan besluit hoe ernstig die geskil is en dan na gelang van die erns van die geskil, word 'n bemiddelaar dan aangestel.

Die twistende partye word dan genooi vir "'n koppie tee", dis nou kode vir 'n intervensie of as jy wil, 'n verhoor. Wat gewoonlik gebeur is dat die twistende partye, by ontvangs van die 'uitnodiging', besef wat vir hulle voorlê  en onmiddelik mekaar opsoek en dan die strydbyl begrawe. Wie wil dan nou so vertel word dat die see jou kan afwas nie, dis nou of jy nou reg of verkeerd was.

Op die dag van die "teepartytjie"word die bemiddelaar dan gekonfronteer deur die belieftigste twee mense onder die son. Dis nou wat ek nou noem bemiddeling sonder bemiddeling. Wysheid soos dit lei tot hegte familiebande.

As alle families hierdie instruksies volg, sal die duiwel baie hard moet werk om hulle te ontwrig.


1 comment:

  1. Enkele opmerkings:

    1. by te lê
    2. tree - is
    3. oortreeders - dié wat oortree
    4. gehanteer - hanteer
    5. gaarde - garde
    6. onmiddelik - onmiddellik
    7. so vertel - so sleggesê / uitgeskel
    8. belieftigste - vredeliewendste
    9. soos dit - soos dié

    ReplyDelete